Lig en Vreugde

    Onlangs het ek en my vroutjie bietjie in Mpumalanga gaan kuier en tydens die besoek het ons ‘n draai gaan maak by die Sudwala grotte.  Indien jy nog nie daar was nie, beveel ek jou aan om wel daar ‘n draai te gaan maak, dit is die moeite werd. Buiten vir die interessante geskiedenis van die grotte is daar verskeie ander aspekte wat my geweldig beindruk het.  Dit is nog een van die grotte waar stalagmiete en stalagtiete groei en ‘n paar selfs krimp weens ‘n te vinnige drup van water, die lengte van die grotte en die…

Read More

Gebed Vs Antwoord

Telkemale vind ek myself die vraag afvra, hoor die Here dan nie my gebede nie?  Hoeveel keer bevind ons onsself in ‘n situasie en ons weet nie altyd hoekom nie, want ons het mos gebid dat die Here ons moet beskerm van dit, of ons voel dat die gebede wat ons doen slaan teen die plafon vas en die Here hoor nie die gebede nie? Geliefde, ek wil vandag vir jou die versekering gee, dat die Here hoor elkeen van ons gebede, maar ons moet versigtig wees oor hoe ons bid, waarvoor vra ons in ons gebede?  Net soos in…

Read More

Geduld

    Geduld, Geduld waar is jou einde?  Hoeveel keer het ek nie my Ma dit hoor sê toe ek nog ‘n tjokkertjie was nie.  Min wetende wat sy daarmee bedoel het en hoeveel keer ek dit nog self gaan sê in my latere jare.  Ja mense, ek praat nou van een van daardie moeilike ou dingetjies in die lewe, hoe om ander mense se oënskynlike onvermoë om dinge reg, of te wel, soos ek te doen.  Kom ons kyk gou na ‘n voorbeeld of twee in hierdie verband! Voorbeeld 1.  Vroeg op ‘n Maandag oggend, oppad werk toe en…

Read More

Moeilike tye

    Deesdae gaan dit maar broekskeur en die vooruitsigte lyk menslik gesproke ook nie goed nie.  Baie van ons, indien nie die meeste van ons nie, het iemand aan die dood afgestaan of ken iemand wat beswyk het weens die COVID 19 pandemie wat regoor die wêreld sy stempel kom afdruk het. Hoe hanteer mens dit?  Sonder om swartgallig wees, maar op alle media hoor en sien mens die effek wat die pandemie op die mensdom het.  Op straat en in al die winkels word dit gesien, maar dit is wanneer jy by die huis sit en nuus kry…

Read More

Is jy angstig?

Somtyds is dit nodig dat jy jou gedagtes moet hersien en terugvat veral in tye wanneer jy angstig en bang is! Jy mag partykeer dink dat jy jou lewe in jou hande hou, maar jy is nie in beheer van jou lewe nie – God is in beheer van jou lewe.  Dit wat jy kan sien word gekontroleer deur die Hand van God wat jy nie kan sien nie.  Dit is dan belangrik dat jy jouself verootmoedig onder die Almagtige Hand van God. As jy gladnie meer weet wat jy nodig het nie, vertrou jy maar net op Hom, jou…

Read More

Hoekom is seerkry moeilik

Hoekom is seerkry moeilik om te hanteer? Hoekom is dit dat wanneer jy seerkry, jy onmiddellik voel dat jy wil wegkruip van alles en almal om jou?  Jy wil net alleen gelaat word om in stilte jou wonde te lek, net aanmekaar te huil en te vra “hoekom ek?”  Ons is só geneig om in stilte en eensaamheid te dink dat dinge nooit weer dieselfde sal wees nie! Ons hardloop selfs weg van God af omdat ons dink ons het Hom verraai deur ons optrede, maar niks van dit is die waarheid nie.  Op daardie oomblik moet ons net eenvoudig…

Read More