My Getuienis

Share this post

My getuienis op 14 Feb 2013 – Die aand wat die Heilige Gees aan my openbaar het.

Die Here was so ‘n amanzing vandag… Grootste geskenk ooit…

Ek was die hele week net af, en vol baie emosies. En vandag toe voel ek maar ek gaan die Here vra om my deur die dag te help. Ek sit in die 1 klas en probeer fokus op die werk en lektor maar my gedagtes is op ‘n ander plek. En net soos wat eke daar sit, speel *This is my desire* in my kop as ‘n storie af. Ek raak toe bly want dis die Here wat my wys Hy’s by my. En die storie en liedjie verdwyn. En ek vra toe Here hoekom vat U dit net weg sonder rede, dit het my nou geboost. Later, toe ek ‘n 15min breuk het in klastyd gaan eke badkamer toe en eke bid toe vir die Here en praat met hom oor als.

My gebed was: “Pappa Jesus, ek wil graag vir U vra om net ve my ‘n aanduiding te gee waar Ouma Wilma nou is. En ook, wys vir my net beelde waar my ouma iets doen wat sy altyd van gehou het.” Toe ek klaar gebid het se ek net dankie, dankie, dankie en toe ek stilbly verskyn daar hierdie beelde waar my ouma saam met my lag en hardloop in die weivelde en haar hele gesig is net rooi en lewendig. Sy lyk so goed! In die beelde sit sy oorkant my op ‘n stoel en haal haar pakkie sigarette uit wat sy altyd gerook het en breek dit een vir een op en na elke een dan se sy net Jesus dis vir U! En toe stop die beelde net weer. Net na die beelde se die Here vir my dat eke hoef nie te worry nie, sy is ok!, sy is ‘n nuwe mens en sy’s by Hom.  En toe moes ek terug gaan klas toe en weer normaal aangaan.

Toe ons vannaand ry na die selgroep toe speel die liedjie* this is my desire* in my kop tot ons daar gestop het toe. Vannaand by die selgroep toe ons worship  toe speel *this is my desire* weer, maar terwyl die liedjie by die slegroep speel maak ek my oe toe en bid en toe eke stil word is daar ewe skielik hierdie bright ligte wat in my oe skyn en toe stop dit en eke gan le toe op Oom Jaco se skouer en soos eke le by hom voel ek ma ons bewe ewe veel gelyktydig en my hart begin klop; doef-doef, doef-doef. En eke raak weer rustig ma bly bewe en iets se vir my praat met Oom Jaco. Toe ek met hom praat toe kom ons agter maar ons altwee het vir my ouma gesien en dit het ons net rustig gemaak toe ons dit vir mekaar noem.

Soos ek vannaand in my bed le kan eke voel die Heilige Gees is in my want eke bewe sonder ophou en eke huil soms van blydskap en my hartklop is nogsteeds: doef- doef, doef-doef.

Na als wat vandag gebeur het:

Kan ek nie genoeg dankie se vir die Here wat Hy vannaand vir my gedoen het nie. En Hy’t dit vir my gedoen op die stadium wat ek Hom nodig gehad het. Eke kan se eke voel Hom in my. En weet dat Hy my sal lei. Eke sit nou al my emosies by Hom neer en gaan nie meer worry nie. “Eke is met jou oral waar jy gaan, nou en vir altyd” Jona 1… Ek is so oneindig lief vir my Pappa Jesus en Abba Vader!! <3 🙂