Vriende Vs Jesus
Ons het almal vriende nodig vir baie verskillende redes, maar ek weet presies hoekom ons Jesus ook MOET he en kies as ‘n vriend. Die verskille tussen jou aardse vriende/vriendinne en Jesus:
Aardse Vriende/Vriendinne |
Jesus |
Vriende kan PROBEER help |
Jesus KAN help |
Vriende kan jou BYSTAAN |
Jesus is ALTYD daar |
Vriende kan jou help OPSTAAN as jy val |
Jesus maak die gate in jou lewens PAAIE REG dat jy nie weer val nie |
Vriend kan jou trane AFDROOG |
Jesus vat die SEER WEG wat die trane veroorsaak |
Vriende gee RAAD |
Jesus is jou ANTWOORD |
Vriende ONDERSTEUN jou |
Jesus LEI jou |
Vriende VERLAAT jou |
Jesus WAG vir jou |
Vriende moet EERS BESKIKBAAR wees voordat jy kan praat |
Jesus is ALTYD beskikbaar |
Vriende VERGEWE |
Jesus VERGEET |
Vriende KOS geduld, aandag, verdraagsaamheid, respek, omgee, vergewe, liefde, bystand en vertroue |
Jesus IS liefde, geduldig, gee altyd om, respekvol, vergewe en vergeet, staan jou altyd by en is betroubaar en dit KOS NIKS |
JESUS WIL GRAAG JOU VRIEND WEES! AANVAAR JY DIE AANBOD OM JESUS AS JOU VRIEND AAN TE NEEM?
– Rentia Kruger –
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.