Ek sit in die trein en luister

Na die mense wat saggies fluister

Die een praat goed, die ander praat sleg

‘n Ander maak grappies, ‘n ander een terg

 

Alhoewel ons verskil het almal een doel

Bring siele na Jesus, staan op uit daai stoel

More staan jy by ‘n oop graf en almal bid saam

‘n geliefde se herinnering word in ‘n foto geraam

 

Voor dit te laat is verkondig die Here

Hy is tog die Een wat die aarde laat bewe

Here hier staan ek, vat by my oor

Ek was doof maar nou het ek gehoor

 

Jennie van As

Leave a Reply