Grou blou ogies so vol wee

Trap diep groewe spore in my hart

Klein kinder gesiggie so bang en verward

Waarom tog so diep die smart

 

Handjies grof, gebars en verweer

Voetjies vuil, koud en verleë

Op harte gelid met liefde en seën

Klein lyfies verwarm in omgee vanwee

Die Liefde van Jesus waaragtig vir ons gegee.

 

Jy wonder wat die lewe more vir jou hou

Sonskyn dae vol beproewinge wat die wêreld inhou

Maar weet dat dit Jesus is wat Lig bring

Liefde, vrede, vreugde en seën

‘n Hoop vir die toekoms sonder geween

 

Hou moed hou vol hou aan

Op Sy skoot sal jy troosting vind

In wete dat jy,sop kommetjie kind

Sy liefde en trou in Sy arms sal vind

 

Sue Gouws

Leave a Reply