Poplappie heeltyd perfek moet wees
gesiggie geverf en maskertjie aan
sal mense my dan ooit kan verstaan
dat ek ook droom om net mooi te kan wees.
Haartjies netjies gekap
Naeltjies fyn en sag
Soos buite mens dan van my verwag!
Kan ek maar huil of moet ek heeltyd lag?
Maerword mooiword vroueprag…..net EK wil wees elke dag!
Barbie gemaak van plastiek is sy,
God uniek geskape, ‘n prinses is jy!
Opgelig, vreugdes vlug
op verhogie geplaas dat jy niks moet mis
sodat Hy kan spog met jou net soos jy is.
Sy Hand gewerk en hard geweef
So uniek gemaak aan God gewyd.
Weet net jy o natuurlik so mooi,
omgee, spesiaal, vriendelike glimlag getooi.
Poplappie jy is perfek geskape
met Sy Seën jou toekoms geskal,
versier met vreugde, vrede en rus
in die wete dat ek is wie ek is!
Sue Gouws
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.