Ons wag
Ons wag vir ‘n lig in die Hemel
Dan kom my Pa!

My Pa is die een wat Hemel en Aarde gemaak het
met sy eie hande
Hy is die Pa wat altyd daar is vir my
maak nie saak wat

My Pa troos en help my
deur die moeilike tye en dae
Hy is my Hemelse Vader!

Al wag ons hoelank
Ek weet
Hy sal my kom kry

Hy is my Pa,
daarom kan
ONS WAG
tot in ewigheid

Marissa Hanekom

Leave a Reply