Here my lewe is vol,
Vol van Liefde, Lag en Seën,
Vol van ……….ALLEEN.

Verlede agtergelaat en vorentoe beweeg,
Tóg voel of alewige verwerping saam gesleep.
Toekoms en drome groot gebou,
Saam man in my droom en kinders so lief en getrou.

Twaalf jare se sout gekou,
Soms soet smaak agtergelaat,
Soms soutpilaar gevorm van onaangeraak.
Drome onherroeplik aanhou bou,
Die moedhou van ‘n huwelik wat sy eie doringkroon dra.

Wat’s dan fout met jou vrou?
Jy het dan jare se seer agtergelaat.
Waarom wil die man nie aan jou raak?
Liefde intiem is nie al wat saak maak,
Dat ek as vrou ware liefde wil smaak.
Waarom bly jy onaangeraak vrou?
Wat’s dan fout met jou!

Skaamte en vermy en ‘n plakpapier voorgee jy,
Dis al wat jy kry, dis al wat hy gee.
Néé, ongesiens gaan die klein leksels
Van jou tikkies omgee nie verby!
Waarde heg ek, en glo my liefde vir jou, dié voel jy.


‘n Per toeval aanraak laat ‘n skril oomblik
Van tinteling en liefde na.
Hoe kosbaar hoe blitsig hoe skaars die flits,
En vinnig dan weer aanstaltes maak,
Oorbly weer die alleen, en ‘n lewe onaangeraak.
My hart roep uit na jou my lief,
My vel ‘n dorsland vir teer omhelsings, gesluk deur die dief.

Elke onthou oomblik, of bitter proe se seer,
Hoop dat volgende keer sal anders wees,
Elke tikkie hoop dat die tydelike kan beter wees.
“Praat!” sê hulle,
Los dit wat pla nie onaangeraak….
Maar elke maal, Jȳ!, Vrou!, die pap weer dik aangemaak?
Verbeelding van ‘n dromer weer weggeraak?
Belofte so reinig voor ‘n Vader so goed, ‘n ring skitter aandster mooi,
Hart waarom dan so seer, so teer,
Wees sterk en moenie so treur.


Hy kom met elke nuwe horison om te steel,
Hy bring ‘n ander se hart om te streel,
Maar hierdie hart behoort aan die Een met wie se hart ek deel.
God’s Liefde het gebou met Kruis die brug,
God’s Waters oor Sy akkers laat loop,
En kartel die Waters so soet soos stroop.
Vrygemaak, vrygespreek, vrou staan groot!
Wees die dapper-stapper, tree vir tree,
Wees vreesloos en moenie sink in die plasse van weeklaag,
God het jou onvoorwaardelik lief en dis wat die honger weer laat verwaag.

Hou aan jubel en dans en juig,
Hou aan vashou en hou doelgerig jou tuig.
God vind elke traan vir Sy belang,
Hy laat geen gebed onaangeraak gaan.
Here maak my vreesloos, Vader hou my sterk,
Ek gee my lewe sodat U aan my werk.

S A G