‘N DANK GEBED
Ek dank U God, Almagtige Vader,
By wie ek skuil O Heer, heeldag lank.
U het genadiglik neergesien op my
en my uitgelig uit die duisternis,
Wat my oorval het, O Here.
My voete het U geplaas,
Op n stewige rots, helaas,
Teen U bors kan ek rus,
En ek weet gewis,
Dat U my daar sal sus.
O Heer, bewaar my siel teen die vyandsmag,
Wat my wil versmag.
Lei my in U geregtigheid,
U pottebakker, en ek die klei.
By U voete laat ek my sorge,
Vir U oë, is niks verborge.
Ek loof U, O Heer,
Gee aan my nog meer,
Genade so onbeskryflik groot,
Tot U eer, buig ek weer my hoof.
Amen.
Nina de Beer






