MY SEUN

Share this post

My kind my Engel jys my seun

deur God die Vader my geleen

wonderbaarlik was jy in my

geplant, gebore, volmaak is jy

Die lewe hier is kosbaar ja

maar altyd moet jy jou gedra

struikel sal jy wel ek weet

Dis hoe God sy kinders meet

Jou pad le voor jou uitgele

deur Jesus wat vir jou wil se

bly altyd pragtig soos jy is

al wil die duiwel jou uitwis

Reeds is jy van Hom vertel

Vir jou om altyd Hom te bel

as versoeking soms te veel word

bid kniel neer en lees Sy Woord

Sy Engele hou jou altyd styf

om die slegte weg te dryf

jys veilig by Hom selfs in nag

vertrou, leef reg en maak Sy dag

Jennie van As