Ek wil graag deel met jul hoe my lewe verander het vandat ek my lewe vir JESUS gegee het,ek se altyd nou vir mense dat JESUS nie n quickfix is nie,maar gee jou lewe oor aan JESUS,en sien hoe dinge in jou lewe verander! Ek is al die afgelope 11 jaar in n verhouding,waarvan ek nou n Jaar van dit verloof is. Ons het n baie stormagtige verhouding gehad,waarin ek al 6 keer sak en pak die man gelos het, finansieel was dit elke maand n uitdaging vir hom en my en natuurlik, my kinders uit n vorige huwelik en sy kind, en al die ander uitdagings wat met so n verhouding gepaart gaan.
JESUS was toe nog glad nie deel van die prentjie nie, nog nie, dit raak toe weer tyd vir my om te pak, soos soveel kere van tevore, maar die keer is dit anders…….ek sak neer voor GOD en vra, redeneer, baklei en ek gee op, ek gee oor. Daai oggend so tussen al die bokse en deurmekaar vetrekke kry ek n antwoord op al my vrae.
JOHANNES 15:5: EK IS DIE WINGERDSTOK JULLE DIE LOTE.WIE IN MY BLY EN EK IN HOM,DRA BAIE VRUGTE WANT SONDER MY KAN JULLE NIKS DOEN NIE
EK LE AL MY PROBLEME voor GOD se voete, ek vra vir veranderings in so baie areas van ons lewens, nou begin dinge in my lewe verander, ek bly bid , glo en vertrou. Vir n hele ruk gaan dit beter en dis al weer sulke tyd, ons trek al weer, hierdie keer het ek GOD gevra om my te help, ek moet trek en finansieel is al die veranderings nie vir my moontlik nie. Met gebed en vertoue op GOD , 4 dae na ek erenstig die nuwe uidagings voor GOD neer gele het, is ek getrek, deur dit als ook nog agtergekom dat GOD gee sommer dinge waarvoor ek nie eers gevra het nie, dinge wat nog altyd net een van my hartsbegeertes was, nou het ek sommer n hoek bad ook.
Dit was nou n nuwe begin vir my en my kinders,wat al van so baie kere van tevore al so ontwrig was, die keer trek ek nie weer terug nie, al is ek hoe lief vir die man, dit werk nie en dit sal ook nooit werk nie. Vier maande het verby gegaan, met stille verlange en baie vrae, baie wat as…… maar n pad met GOD het ek bly loop. My gloof het net sterker geword.Op n dag is ek weer so seer van verlange en onthou maar dat ons GOD enigeiets mag en kan vra. Nou is teruggaan na die man een van die dinge wat ek elke keer ook vra in my gebede.
Maar ek het GOD gevra om eers ook die man se lewe aanteraak en te verander soos die HERE my aangeraak het en dan wil ek hom terug he. As die HERE jou lewe verander, doen HY dit behoorlik. In die tyd wat ons uitmekaar was het die HERE die man ook so baie verander, ons het later teruggetrek na n nuwe man,pa. Trou was nog altyd net n gedagte van EENDAG en GROOT DOOP altyd n gesprek vir later of n ander dag…nou kom my gebede vir die begin van die nuwe jaar weer sterk deur, die JAAR VAN 2014.
Ek vra GOD dat die man sal besef ons kan nie meer so saambly nie, ons verdien om getroud te wees en om GOD se SEEN oor ons verhouding te kry en n ander baie belangrikke ding, dat my man ook hom sal laat GROOT DOOP, nou is dit nog net hy, ek en my 2 kinders is kla GEDOOP.
MY GOD BEANTWOORD AL MY GEBEDE,EN ONS ONTVANG BAIE MEER AS WAT ONS VOOR GEVRA HET.
Ons trou datum, 12 Julie 2014, die man is gedoop die 6 de Maart 2014, hy begin by n nuwe werk, Januarie 2014, ons finansiele situasie het drasties verander, meer liefde, geduld, verdraagsaamheid, respek en meer vertoue in ons HEMELSE VADER en bo dit als n diepe dankbaarheid vir GOD wat lewens so drasties kan verander en dankbaar dat ons lewens deel was van Sy wonderlikke plan, want GOD het n wonderlikke plan vir elkeen wat in HOM vertrou en glo.
Ek hoop my verhaal sal vandag vir jou ook hoop gee en dat jy bemoedig sal word om oor te gee aan GOD en self dan sal ervaar hoe jou lewe verander. GESEEND IS JY WAT MY VERHAAL LEES VANDAG.
RENCIA KRUGER, Cape Town, South Africa
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.