Ek dank U God, Almagtige Vader,

By wie ek  skuil O Heer, heeldag lank.

U het genadiglik neergesien op my

en my uitgelig uit die duisternis,

Wat my oorval het, O Here.

My voete het U geplaas,

Op n stewige rots, helaas,

Teen U bors kan ek rus,

En ek weet gewis,

Dat U my daar sal sus.

O Heer, bewaar my siel teen die vyandsmag,

Wat my wil versmag.

Lei my in U geregtigheid,

U pottebakker, en ek die klei.

By U voete laat ek my sorge,

Vir U oë, is niks verborge.

Ek loof U,  O Heer,

Gee aan my nog meer,

Genade so onbeskryflik groot,

Tot U eer, buig ek weer my hoof.

Amen.

Nina de Beer