Geplant in my moeder het ek begin
U Gees het my na U gebring
Woede, verwyte en sonde was vele
maar U liefde het als vergewe
U het my lewe Heer
Alles tot U eer
Uit volle bors wil ek U loof
selfs as ek somtyds verdoof
U het reeds vir ons bewys
die lewe hier is nie ons tuis
die beste woonplek staan ons voort
as ons volhard net in U woord
Afdraai paaie is op ons laan
klippe, berge sal U verslaan
vir ons om struikelblokke te oorkom
U werke laat ons verstom
Ons oe is op U Heer gefokus
Staan ons teen met satan se lus
dat ons net aan U gehoorsaam bly
want U het ons van sonde bevry
die duurste losprys het U betaal
U sal ons eendag weer kom haal
Tot weersiens Jesus als vir my
tot lewe in hemel ons weer kry
Jennie van As