Ek skryf nie namens myself nie maar namens ‘n 16 maande oue beeldskone prinsessie met die naam Claire. Claire is my nefie se dogtertjie. Sy was in Julie die jaar gediagnoseer met Juvenile Myelomonocytic Leukemia. Dis ‘n baie rare form van leukemia en daar is ‘n handjie vol kindertjies wat gediagnoseer word daarmee.
Haar een oupa het haar op hulle mediesefonds gesit maar daar was ‘n groot kommunikasie gaping tussen die maakelaar en die fonds en iewerste het die papiere delayed geraak op die ou einde het die mediesefonds haar gepenaliseer met ‘n jaar m.a.w hulle weier om enige onkostes ten opsigte van die siekte te betaal.
Sy het dringend ‘n beenmurg oorplanting nodig om vir haar ‘n gesonde en lang lewe te kan gee. Na ‘n gesoek op die beenmurg register in SA kon hulle geen geskikte skenker kry nie, hulle het dus die soek tog uitgebrei en ‘n moontlike skenker in Amerika gekry. Omdat sy onder 6 is sal die staat die operasie kostses ten volle dek. MAAR om verdere toetse te doen om te sien of die skenker ‘n totale match is en net om dit in SA te kry sal om en by R600 000 kos.
Ons is ‘n klompie vriende en familie wat bymekaar gekom het en dit op ons self gevat het om te help om ‘n verskil te maak. Ons is tans besig met ‘n fondsinsamelings dans wat die 19de Oktober gehou word om die finansiele las bietjie te verminder. Ons mik punt is R25 000 sodat die scanning toetse gedoen kan word. Dis net ‘n drupel in die emmer en wat voel soos ‘n onmoontlike taak. Maar ons is vas oortuig met die hulp van die Here en mense sal daar ‘n uitkoms wees en dat ons die nodige krag en wysheid en deursettings vermoe sal kry om die nodige te doen.
Dus vra ek vandag vir enige tipe bystand. As daar enige manier is wat julle ons sal kan help sal ons dit so baie waardeur. Geen bydrae is te klein nie en elke sent en gebedjie sal help. Ek heg aan die brief wat die dokter vir die mediese fonds geskryf het, die quote wat dit sal kos en ‘n foto’jie van die prinses. U is meer as welkom om haar oupa Eddie Roos te kontak sy nommer is 083 460 2064 vir meer inligting in verband met die saak. Ons het ook ‘n facebook blad. Care for Claire. Baie dankie vir die tydjie wat ek kon steel. Mag die Here julle seen.
Vriendelike Groete
Elzaan
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.