Vriend Vs Jesus

Jesus to my Rescue    February 12, 2014    Comments Off on Vriend Vs Jesus

Vriende Vs Jesus

 

 Ons het almal vriende nodig vir baie verskillende redes, maar ek weet presies hoekom ons Jesus ook MOET he en kies as ‘n vriend. Die verskille tussen jou aardse vriende/vriendinne en Jesus:

Aardse Vriende/Vriendinne

Jesus

   

Vriende kan PROBEER help

Jesus KAN help

Vriende kan jou BYSTAAN

Jesus is ALTYD daar

Vriende kan jou help OPSTAAN as jy val

Jesus maak die gate in jou lewens PAAIE REG dat jy nie weer val nie

Vriend kan jou trane AFDROOG

Jesus vat die SEER WEG wat die trane veroorsaak

Vriende gee RAAD

Jesus is jou ANTWOORD

Vriende ONDERSTEUN jou

Jesus LEI jou

Vriende VERLAAT jou

Jesus WAG vir jou

Vriende moet EERS BESKIKBAAR wees voordat jy kan praat

Jesus is ALTYD beskikbaar

Vriende VERGEWE

Jesus VERGEET

Vriende KOS geduld, aandag, verdraagsaamheid, respek, omgee, vergewe, liefde, bystand en vertroue

Jesus IS liefde, geduldig, gee altyd om, respekvol, vergewe en vergeet, staan jou altyd by en is betroubaar en dit KOS NIKS

 JESUS WIL GRAAG JOU VRIEND WEES! AANVAAR JY DIE AANBOD OM JESUS AS JOU VRIEND AAN TE NEEM?

 – Rentia Kruger –