My dagboek vriendin

Jesus to my Rescue    May 27, 2011    Comments Off on My dagboek vriendin

In lewens woel en werkskaf
Eie drafstappies elke dag
Ons geelvinkie vroue
Huisies bou in hardloop gelid
Vir geliefdes so na aan die hart
En wie ookol moeder liefies wil vind.

In lewens woel en werskaf
Is dagboek reeds vol geskryf
‘n boekie waarsonder vandag nie kan
Die toekoms reeds vooruit gelê
Maand tot dag tot uur beplan.

In oomblikke gedagtes jou gemis
Jou warm stem te hoor
‘n stywe drukkie wat sê
By Hom sal ek saam met jou hoor

Jare al berge saam geklim
Kommetjies vol trane gestort
Oneindige nerwe deur gebid
Maar nimmereinder
Staatmaker vriendin
My liewe hartjie se punt
My dagboek vriendin…

Altyd deur ‘n woordie wat bou
‘n skaterlag wat warmte bring
‘n oor wat harte leeg stort,
Het Hy dit van jou gevra
Jy in vriendskap my altyd te dra?

Uitdagings is altyd oral oor
Maar in Hom hou jy moed
Want die wind van voor
Is glad nie maklik nie,
dan is ‘n arend se vlug net hoër!

O mooie vrou van God
Vir my is jy ‘n rol model
Vir jou wil ek vandag my liedjie sing
Want dis Jesus wat jy hartlik bemin!

Sue Gouws