LEANE

Share this post

Vir lank het ek vir jou gewag

Om jou teen my te druk,teer en sag

Jou klein lyfie uiteindelik vas te hou

En my arms om jou te vou.

Jy is en seen van Bo

Ek het gewag dat jy moet kom, ek het geglo

My liefde vir jou is groter as die see

Jy is vir altyd diep in my hart gelee

Om jou ma te wees

Is iets waaraan ek getrou is in my hart en gees

Vir altyd sal jy my meisiekind bly

Maak nie saak wat tussen ons probeer in gly

Ek het jou oneindiglik baie lief

My klein hartedief…

Al my liefde

Jou Ma

Carmen Swart