Genees deur Jesus

Share this post

Ek het nog altyd gehardloop vir ontspanning en ook later die Twee-Oseane en Comrades ultra- marathons voltooi. Bykans 20 jaar gelede het ek egter my enkel ernstig gebreek – dit was n splinterbreuk maw die been het by die vel uitgesteek en my onderbeen het terselfdertyd onder die knie gebreek terwyl ek n 6 – jarige dogtertjie wat geslaap het, gedra het,  terwyl ek by trappe afgeloop het en my enkel skielik geswik het!  sy het gelukkig niks oorgekom, maar mense het my ongevalle toe geneem en die dokter het gese dat die spesialis sal moet opereer aangesien dit n oop fraktuur was , wat septies kon raak.

Toe die ortopeed  die x -straal plate v/d breuk sien, het hy gese dis die ergste wat hy nog gesien het! maar hy sal sy bes probeer om dit te herstel, dat ek weer kan loop – die operasie is gedoen en my been was v. bo by my heup tot onder by my voet in gips – ek was basies bedleeend en dit was intense moeite net om toilet toe te gaan! – so het ek 3 mnde gele in uiterste frustrasie – so erg dat ek somtyds lus was om n baksteen deur die ruit te gooi!

Aangesien daar nie baie vleis en bloed rondom die enkel is nie , het dit gesukkel om te heg en elke 6 weke moes ek teruggaan na   die spesialis wat gekyk het na die x -strale maar my ongelukkig geen goeie nuus kon gee dat daar hegting plaasgevind het nie ! Na 3 mnde. het hy gese dat ek weer 6 weke later moet kom en as daar dan nie hegting plaasgevind het nie,  hy die been sal moet afsit!

Ek het alhoewel ek baie gefrustreerd was, aanhoudend gebid tot God dat Hy my been sal genees –  toe ek 6 weke later terug is na die spesialis het hy die x -strale teen die muur gegooi en my stip in die oe gekyk en stilgebly – ek het die doodsvonnis verwag! hy het egter skielik geglimlag en gese -” jou enkel het geheg en jy sal weer normaal kan loop”  , die boonste been het mooi aangegroei intussen en hy kon die boonste gips afhaal en na 2 mnde ook die onderste gips en ek kon weer normaal loop  maar nie het God my been genees nie   –   Hy het nog baie meer gedoen!

Na 2 jaar kon ek weer n halfmarathon hardloop en na 4 jaar weer die Twee-Oseane ultra- marathon asook die Comrades marathon en uiteindelik het ek my permanente blou nommer verwerf na voltooing v. 10 suksesvolle Twee-Oseane marathons! Ek gee alle eer aan God dat Hy my gebede verhoor het!

Gerrit Potgieter, Cape Town, South Africa