Einde Naby

Jesus to my Rescue    March 14, 2011    Comments Off on Einde Naby

Kyk rondom jou, word wakker

God doen groter en mens word swakker

Die aarde bewe, die see maak kolke

Want God waarsku van bokant die wolke

 

Mense haat, skree en wip hul vir ander

Die wereld vergaan en mense verander

Keuse is joune, die hemel of hel

Maak ‘n besluit en hou op met skel

 

Gee vir ander, maak oop jul harte

Want tyd kom nader vir blydskap of smarte

Elke sekond is kosbaar verby

Vergeet van satan, kry God aan jou sy

 

Jesus bloed het reeds gevloei

Om jou gees met syne, in liefde te boei

Staan op vir Hom, hou op om te draai

Hy het geplant, nou moet jy saai

 

Jennie van As