Bid vir lyding en werk

Share this post

26 February 2010

Bid asseblief vir my man wat onlangs sy werk as sekuiriteitsbestuurder met meer as 16 jaar ondervinding, verloor het agv van herstrukturering en regstellende aksie. Hy het gelukkig tydelike kontrak werk vir ‘n paar weke per jaar gekry, maar benodig voltydse werk. Bid asseblief ook vir ons gesin se beskerming aangesien klomp goed van ons motor tot huishoudelike toerusting, die laaste ruk gebreek het. Bid asseblieef dat ons onverpoos sal glo en blymoedig bly.

Bid asseblief ook vir ‘n vriend Werner op Haroldsbaai wat ook dringend werk soek as elektrisien.

Bid ook dringend vir die seen, uitbreiding en geestelike werk van Lig Kinderbediening wat onder Afrikaanssprekende kinders in Pretoria van veral die Danville omgewing gedoen word.

Loof en prys die Here vir al sy liefde en groot genade.

Gerda, Gauteng