Bid vir huwelik

Jesus to my Rescue    August 13, 2013    Comments Off on Bid vir huwelik

Ek het vir God ’n christelike vrou gevra. (my eerste vrou is meer as twee jaar oorlede). Ek het 2 kinders (twins 15 years). Ek het by my nuwe werk ’n dame ontmoet wat ’n kind van God is…ek het lief vir haar geraak en vir God gevra vir die vrou. So het ons ’n verhouding begin en dit het goed gegaan, my kinders het ook al so lief vir haar geraak dat hulle haar mamma noem. Ek en sy het ook so lief vir mekaar geraak dat mense wat ons gesien het, gesê het, julle pas mooi bymekaar en is bedoel vir mekaar. In ’n latere stadium het meer mense van ons gehoor wat ons ken, ook die baas….baie van hulle het nie van my en haar verhouding gehou, jaloesie is die hoofrede en dan dink van die mense, ek is nie goed genoeg vir haar. Ek weet God kan my enige vrou gee en vir die kinders enige stief mamma…maar ek het God geken in ons verhouding vandag een af, eintlik voor die verhouding al begin het en sy is ’n kind van God, my kinders het klaar lief geword vir haar en haar aanvaar as hul mamma…..daarom ken ek God nog steeds in die verhouding. God sal ons nie ’n vrou en ’n mamma gee en haar dan wee weg vat. Ek bid reeds baie en vra God dat Hy haar hart wat deur die mense toe gesluit is weer oop te sluit dat haar liefde weer sal uitkom vir ons. Die kids bid ook elke dag vir haar….ons is baie hartseer oor wat die duiwel deur mense doen. Ons bly net sê/glo, God sal ons nie liefde gee en dit dan net weer wegneem, hoekom sal God ons wil bly maak en dan weer ongelukkig maak. Ons wil begin om te sê, dankie dat julle saam bid! Bid asb. dat my vriendin se liefde weer vir ons oop gesluit word en dat dit 7 maal sterker sal wees en dat ons weer saamgevoeg kan word en geseël sal word deur die liefde en genade van God.  Baie dankie vir julle gebede!

Chris, South Africa